October 24

19-10-2025 Inwording

0  comments

Heilig gemaak deur Sy volmaakte offer

Nie net het Jesus ons plek ingeneem nie, Hy het ons ook Sy plek gegee.
Wanneer God na ons kyk, sien Hy ons deur die lewe van Jesus.
Dis asof ons self die volmaakte lewe van Christus geleef het.

Wees heilig soos Christus heilig is

Matteus 5:40–43

“Wees heilig soos Ek heilig is.”

God roep ons nie net om beter mense te wees nie, Hy roep ons om soos Christus te wees. Maar hoe word dit moontlik? Ons weet dat ons dikwels struikel, foute maak of ongeduldig raak. En tog sê die Woord dat God ons reeds heilig verklaar het deur die offer van Jesus Christus.

Die volmaakte offer

Hebreërs 10:10

“En wat God wil, is dat ons geheilig sal word deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, eenmaal vir altyd.

Een offer. Een volmaakte daad van liefde.
Nie herhaal nie, nie onvoltooid nie, maar volbring.

Hebreërs 10:14

“Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak gemaak die wat Hy heilig maak.”

Dis ongelooflik: God het ons vir altyd volmaak verklaar, selfs terwyl Hy ons nog heilig maak.
Ons is dus “klaar” in Christus, maar nog steeds “in wording” in onsself.
Hy het dit afgehandel, maar Hy is steeds besig met ons.

’n Werk in proses

Wanneer ons op ’n LEGO-blokkie trap, ons tong brand of iemand sny ons af in die verkeer dan sien ons gou dat ons nog nie perfek is nie.
Maar God kyk nie net na waar ons nou is nie, Hy sien waarheen Hy ons neem.

Ons groei elke dag omdat Christus reeds die werk begin het:
Filippense 1:6

“Hy wat die goeie werk in julle begin het, sal dit voltooi tot op die dag van Christus Jesus.”

Die skaduwee van die wet

Hebreërs 10:1

“Die wet is net ’n skaduwee van die goeie dinge wat sou kom, nie die werklikheid self nie.”

’n Skaduwee word altyd deur iets eg gevorm, maar dit is nie die werklikheid self nie.
Die wet het net gewys na Christus, Hy is die vervulling van alles.

Om een wet te breek, is om almal te breek.
Om 613 wette volmaak te hou, is onmoontlik, en juis daarom het Jesus gekom.

Dit is klaar

Sy offer hoef nooit herhaal te word nie.
Dis voltooi. Dis klaar.
En tog is ek nog in wording, ’n kind van God wat groei in genade, terwyl Hy my in elke seisoen meer soos Homself maak.

Romeine 3:21–26, 1 Johannes 2:1–2, Hebreërs 7:26–27, Hebreërs 9:11–12 herinner ons almal:
Sy genade is groter as ons sonde, Sy offer is genoeg, en Sy liefde is volmaak.

Slotgedagte

Wanneer God na jou kyk, sien Hy nie jou verlede of jou mislukkings nie, Hy sien die volmaakte lewe van Jesus in jou plek.

En wanneer jy val, onthou: jy is ’n werk in proses, maar jy word geheilig deur ’n volmaakte offer.
Leef elke dag met dié wete:

“Dit is klaar. Dit is volbring. Jy is Syne. Vir altyd.”


Tags


You may also like

15.02.2026 Wees Geken: Bo Alles

15.02.2026 Wees Geken: Bo Alles
{"email":"Email address invalid","url":"Website address invalid","required":"Required field missing"}
>